Bekostigbare oplossings vir kerke en gemeentes
CHAPPS word bedryf deur entoesiastiese Christene wat graag gemeentes wil help om effektief gebruik te maak van webblaaie, toepassings en ander sosiale media

Ons ontwikkel vir jou gemeente 'n webblad of toepassing (app) teen 'n bekostigbare prys.
Webblaaie
Ontwerp van webblaaie van so min as R2000 vir 'n basies blad (5 bladsye). Groter en meer gevorderde blaaie beskikbaar teen addisionele kostes. Huisvesting (hosting) van webblaaie vanaf so min soos R200 per maand.
Ons ontwerp die webblad vir jou
Ons registreer en administreer die webblad namens jou
Ons huisves die webblad en bring veranderinge aan soos versoek - jy kan ook self inlog en veranderinge aanbring
Webblaaie kan in Wordpress ontwerp word vir maklike instandhouding deur die gemeente self
Kies uit 'n verskeidenheid van template
Opsomming van kostes:
Eenmalig: Ontwerp (R2000+) + Registrasie van webadres (R200)
Jaarliks: Registrasie van webadres (R200)
Maandeliks: Huisvesting (R200)
Ons onderhou jou webblad of toep teen minimale koste. Verskeie opsies beskikbaar - kontak ons gerus.
Toepassings (apps):
Ontwerp 'n gemeente toepassing (app) vir so min as R2500 eenmalig. Groter en meer gevorderde toepassings (apps) teen addisionele kostes. Huisvesting en instandhouding van toepassing (app) teen so min as R250 per maand. Ons plaas dit ook in Google Playstore. Opdaterings word onmiddellik opgeneem in Google Playstore.
Ons ontwerp die toepassing vir jou
Ons publiseer dit in Google Playstore en iOS App store
Ons huisves die toepassing en bring veranderinge aan soos versoek -
GEEN BEPERKING OF ADDISIONELE KOSTE VIR AANTAL BEDIENINGE NIEELKE TOEPASSING WORD UNIEK ONTWERP - GEEN GENERIESE TOEPASSINGS NIE
Nuwe veranderinge word direk opgeneem in Google Playstore
25 000 boodskappe per maand na toepassing gratis ingesluit
Ons onderhou jou webblad of toep teen minimale koste. Verskeie opsies beskikbaar - kontak ons gerus.
Opsomming van kostes:
Eenmalig: Ontwerp (R2500+) + Publiseer na Google Play (R1000) + Publiseer na iStore (R1500)
Maandeliks: Huisvesting (R250)

Spesiale aanbieding vir kerke:
Webblad (Wordpress) & PWA-app:
Ons ontwerp 'n Wordpress webblad (voorbeeld: www.suiderkruis.com) met 'n PWA-toepassing teen R5000. (Ekstra koste vir groter weblaaie)
Maandelikse koste vir web & app: R300
Onbeperkte aantal kennisgewings (push-notifications)
Ons onderhou jou webblad of toep teen minimale koste. Verskeie opsies beskikbaar - kontak ons gerus.
Opsomming van kostes:
Eenmalig: Ontwerp van webblad en APP (R5000+)
Maandeliks: Huisvesting van webblad en APP (R350)
Voorbeelde: suiderkruis.com / ngrobertsonoos.co.za / ngheidelberg.co.za / caringpresence.co.za / kerknuus.com
Sosiale media:
Ons kan jou help met die opstel van Facebook, Twitter en Instagram vir die gemeente.Epos netwerk:
Ons kan jou help met die installering van epos-program (gratis sagteware) binne-in jou gemeentewebblad met outomatiese subscribe / unsubscribe funksies vir die uitstuur van onbeperkte hoeveelhede eposse aan gemeentelede teen geen koste per epos. Eenmalige installasie en aanlyn-opleiding, Doen gerus navraag oor die sagteware en koste verbonde.
Werkswyse:
Kontak ons gerus indien jy belangstel in 'n webblad of toepassing. Ons stuur vir jou 'n MS-Word dokument waarin jy al jou inligting onder die regte hofies kan plaas. Ons gebruik die Word-dokument se inhoud om jou webblad of toepassing saam te stel. Kyk gerus na ons kontakbesonderhede.
Die CHAPPS-span bestaan uit Christene met 'n hart vir die bediening en vir tegnologie. CHAPPS wil kerke en gemeentes help om sigbaar en teenwoordig te wees in die globale en digitale wêreld.

Voorbeelde van ons webblaaie en toeps - klik op die voorbeeld om die blad oop te maak. Ons ontwerp die webblad en toepassing volgense jou behoeftes.
Voltooi die vorm hieronder en kies "stuur". Ons antwoord jou epos navraag so gou as moontlik.